06
Mar
12

Lekker by die see

Okay, nou reel mense weer ’n lang naweek weg Ponto do Ouro toe.  Ek gee nie om nie maar ek het ‘n kind wat moet skool toe gaan, twee kinders wat moet eet en omtrent vier verskillende klasse wat ek aanbied en moet skuif.  En ek voel sleg om die kinders by die huis te los maar ek weet dis onnodig.  Ek hoor altyd agterna by die bure hoe die karre in die pad afgestaan het en watse lawaai uit my huis gekom het.  Die kinders dink ek nie gee enigsins om nie.  Hel, inteendeel, as ek terug dink aan my eie tienerjare en hoe ons te kere gegaan het wanneer my ma-hulle weg was, dan dink ek nie ek hoef dit nog ‘n gedagte te gee nie.

En dit sal lekker wees om weer my boek op die strand te lees en lekker saam met my disko bal te kuier.  Ek het haar drie jaar laas gesien en seker ses jaar laas bietjie gejoll.  En sy joll lekker daai een!

So, ek skuif nou mense en kinners en klasse rond dat die byle huil, reel kos vir die arme seuntjies wat alleen by die huis moet bly want ek pak my cozzie en my boek.

Ponto, hier kom ek!

02
Mar
12

Dankie

Vir al die goed en die sleg

die mooi en die lelik

die maklik en die swaar

vir my talente en foute,

my geregtigheid en sondes

Vir die opklim en die afklim

die swaar en die maklik

die werk en die rus

die pad en die bos

die lig en die donker

die dag en die nag

Vir die bou en die breek

gesondheid en siekte

lekkerkry en seerkry

lig en die swaar

vir hê en nie hê nie

vir sanity en malheid

Vir vrede en angs

blydskap en depressie

blink en die dof

vir gister en more,

en vir vandag

Want hoe anders sou ek ooit geweet het

Jou genade is genoeg vir my

Hoe anders sou ek ooit geleer het

Jou liefde loop oor

Hoe anders sou ek ooit kon rus

in die wete dat ek veilig in Jou arms is

Hoe anders sou ek ooit besef het

dat op berge en in dale

ower al is God

29
Feb
12

Moet jy so vloek jou Donner?

Ek het my ma en stief-pa nou-net by my huis weggejaag.  Dis nou wat gebeur as jy so afkeurend sit en loer na mense die hele tyd.  Eventually gaan hulle jou in jou moer in stuur.

Natuurlik karring hulle die heel tyd dat ek moet ophou vloek.  Vertel my dat hulle nie so groot gemaak is nie.  Wel excuse me, who the fuck raised me?  Maar eintlik is dit nature en nie nurture wat maak lat ek vloek nie.  Hulle het dit nooit voor my gedoen nie so dit is nie hulle skuld nie.  Anyway, net nadat ek vertel is dat hulle nie groot gemaak is om so te vloek nie, se hy vir my:  “Fuck you!’  Nice!

En my Calvanistiese agtergrond stop my om werklik net te skryf.  My pen te vat en te se wat ek dink oor alles.  Hulle ook.

Ek wil sommer huil ek is so kwaad.  Maar ek gannie huil nie.  Die sielkundige het mos gese:  “The lift does not go to the second floor”.  Dit het nou iets met my emosies te doen gehad.  Ek het ‘n idee wat hy bedoel het maar omdat die lift nie by die tweede vloer uitkom nie, verstaan ek dit nie heeltemal nie.  Logies.  Anyway, ek gee ook nie ‘n hel om nie.

Dis nou soos al die jare wat ek en my niggies en nefies moes kyk hoe hulle sit en suip en vloek.  Maar nou trek daai selle generasie neus op as ons dit doen.

So al wat ek sal se is good luck to you buddies.  Have a nice life want sure as hell is ek nie lus om te se ek is jammer nie.  Of om toenadering te soek nie.  My man het julle hoeka al gewaarsku dat julle maar kak attitudes het.  So, whatever.  Ek sal die status quo maar eerder vir nou net so hou.  Julle daar en ek hier.  And whatever in between.  En as ek huil, sal julle nie daarvan weet nie.  Net soos toe daai donner my vertel het hy en sy buddies gaan my rape.  Ek het hom laat verstaan dat my man en kinders nooit daarvan sou weet nie.  Dis soos die geheime in die staatskis.  For my eyes only.

En wat de hel maak dit nou aan jou saak as ek vloek?  Is jy bang wat jou maatjies daarvan gaan dink?

Maar ek moes seker maar my humeur beteuel het, ek sal seker nog jammer wees dat ek nie het nie.  Aan die ander hand though, dink ek hierdie sou een of ander tyd gebeur het.  So, we shall take it as it comes, one day at a time.

23
Feb
12

Net vir Vandag

Net vir vandag, sal ek kies om gelukkig te wees.  Want ek verstaan dat die lewe moeilik is vir almal, vir my die minste van almal.

Net vir vandag wil ek weet dat ek okay is, dat ek gedra word op genade, dat waarookal ek opland, dit goed sal wees met my.

Net vir vandag se ek:  “Ek is lief vir jou.  As jy moet heengaan, sal ek jou mis”.

Net vir vandag gaan ek nie worry nie, want elke dag bring sy eie probleme.

Net vir vandag berus ek in wat is.

Net vir vandag.  Net vir vandag.

22
Feb
12

Ek se sommer net

Vandag is ek sommer de moer in.  Vir alles en almal.  En mens kan mos nie lekker kwaad wees in Engels nie.

Dis maklik vir drie manne om teen een vroumens op te gang.  Rêrig.  Ek lewe daarmee saam en is dit gewoond.  Maar partykeer maak dit my die bliksem in.  Dit gebeur nie elke dag nie maar wanneer wel, moet ek nog die dag belewe waar daar meer as een aan my kant is.

Whatever.

Nou dat ek twee jobs het, wonder ek net of dit sal uitwerk.  Tyd sal maar seker sien.  Ek vermoed iemand gaan erens skree:  “Hokaai!”  Sal maar wag tot dan.

Gelukkig laaik ek my hond.  Flokken baie.  Ek kom sommer huis toe net om haar te sien.  Sy laat my glimlag.  Sy gee my nie kak nie.  En al is sy nou nie vreeslik lieftallig nie, weet ek sy smaak my ook stukkend.

En my bure het rêrig ‘n hoenderhaan.  As ek nou moet dink aan die redes dan lyk dit so:

  1. Gebraaide hoender
  2. Eiers
  3. Troeteldier
  4. Wekker

Min mense slag vandag nog in hulle tuine en Woolies se hoender is anyway lekkerder.  Eiers, hmmmmmmm, miskien.  Troeteldier?  Ek twyfel.  Dit los ons met die wekker.  How considerate.  Kry nie een net vir jou kamer nie, maar maak sommer die hele buurt wakker wanneer jy wil opstaan.

Toe sê iemand eendag ek is lovable en my man lag hom amper ‘n papie.  Toe sê dié iemand lat hulle nie bedoel dat ek lovable is omdat ek vreeslik aan mense vat en daai klas van goed nie.  Hulle meen dis maklik om vir my lief te wees.  Dit was nogal nuut.  Nog nooit so oor die sakie gedink nie.  Maar soos hulle mos sê:  Lovable is in the eye of the beholder.

Ek hou van mense.  Vat baie om te maak lat ek jou nie smaak nie.  Anyway, ek het mos nog nooit in jou skoene geloop nie so wie is ek nou eintlik?

Gisteraand so bietjie geparty.  Met my Fabulous Forties Dinner Club vrinne (FFDC).  Die een het nou vyftig geword en dis ‘n tamaletjie.  Hy moet nou eintlik Hoofstuk 2 oopmaak.  Hehehehehehehe, een van die dae is ons almal in sy club.

Skool.  Ek moenie kla nie.  Die laaste siel sal in Mei sy bestuursliksens kry dan het daai chapter van my lewe ook sy gat gesien.  Die ding van seuns rondry is dat dit eintlik die enigste tyd is wat jy met hulle kan praat sonder dat hulle kan loop.  En dis informeel want julle sit mos langs mekaar, kyk mekaar nie in die oë nie.  Glo sien seuns dit as konfrontasie.  Hou nie daarvan nie.  Klein dogtertjies speel deur oorkant mekaar te sit terwyl seuntjies langs mekaar sit.  Dit is minder aggressief.  Cool man, at least weet ons nou.

Ja, so hier ondervind ek so bietjie hostility teenoor my van iemand af en ek is nie seker hoekom nie.  Laaik dit flokkôl maar wat kan mens nou doen as die ander een nie sy bek oopmaak nie.

Anyway, ek hoop ek het alles reggespel en hou maar jou gewete skoon, dan sal jy orraait wees.

21
Feb
12

Sms & bbm Afrikaans

Ek het altyd daarvan gehou om my Afrikaans bietjie te verander as ek skryf, soos biekie, hys ens maar dit was nie om die skrywery korter te maak nie.  Dit was sommer vir die fun.

Ek het nou opeghou daarmee en skryf my goed uit.  Hoekom?  Want ek kannie die bbm en sms Afrikaans verstaan nie!  Lol, klink seker simpel maar die verkortings maak nie my lees korter nie, dit maak dit langer omdat dit my so lank vat om uit te figure wat die mens probeer se.

Soos bv:  “Hi nig jmr ek pla ek wil net hoor is dt reg as ek my 2kids kan sam bring en ek wil weet wa km oz by mekaar want ek mut net by my ex man hr as hy di kids vi my loge toe kan bring want da ni genug plek in di kar en hulle bly in krugerdorp sien uit na di nwk geniet jo dagi danki vi ales”

Of:  “SHIT net sy sal weet! weti wa ko sy vandaan & hu sy in DI famli geland ft ni!!!! ma se so ver sy weet is hul da, syt whatsapp gastr om sekr te mak & my ma se sy ht ha laasweek gevra om sam te ko & tu ht sy niks gese v ni ko”.

Huh?  Eish!  Sorrie, ek kan dit nie lees nie en ek het nie ‘n jaar tyd om te probeer nie.

So, nou skryf ek alles ordentelik uit, nie net om seker te maak dat mense kan sien wat ek bedoel nie, maar ook uit so bietjie respek vir my taal wat ek van harte hoop nie in die bogeskrewe gaan verander nie.  Al gooi ek so bietjie Engels in myself.




Kategorië

Blog Stats

  • 161 hits

Enter your email address to follow this blog and receive notifications of new posts by email.

Join 2 other followers

Top Posts & Pages

  • Geen
MyFreeCopyright.com Registered & Protected

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.